Republieke van die Sowjetunie

'n Kaart van die Sowjetunie.

Die Sosialistiese Sowjetrepublieke (SSR'e) (Russies: союзные республики, sojuznye respoebliki, "unierepublieke"), was die vyftien "konstituerende", in naam onafhanklike republieke van die Sowjetunie, formeel 'n federasie wat deur hulle gevorm is. In die Weste is egter gereeld gepraat van 'die Russe' of selfs 'Rusland' met betrekking tot die hele Sowjetunie, wat immers rigied beheer was uit die (Russiese) Sowjet-hoofstad Moskou.

Onderskei van die SSR'e was die outonome Sowjet Sosialistiese Republieke (OSSR'e) en die Outonome Streke (OS'e).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search